Die Goethe-Institut in Johannesburg het ‘n splinternuwe, byderwetse biblioteek geskep. Dit bevat onder andere ’n Gamebox en ’n innoveringsruimte genaamd Hub@Goethe.

Hub@Goethe wag tans vir aansoeke van geskikte persone of groepe met kreatiewe of tegnologies gedrewe projekte wat opsoek is na gratis werkspasie vir ses maande.

Aansoeke is oop alle kreatiewe siele, innoveerders, ontwikkelaars en entrepreneurs bo die ouderdom van 18 met spesifieke volhoubare projekte. Aansoek sluit 31 Augustus 2017.

Jy sal, onder andere, toegang hê tot ’n skootrekenaar en ’n hoëspoed-internetverbinding. Daar gaan ook mentorskap hiermee saam en praatjies deur sakeleiers.

Terloops: lidmaatskap van die Goethe-Institut Johannesburg Biblioteek is slegs R80 per jaar.

Die instituut bied veel meer as net ’n stoel en ’n lessenaar. Kontak 011 442 3232 of hub-johannesburg@goethe.de vir meer besonderhede.

Goethe-Institut

Lewer kommentaar

Leave a Reply