Meester drukker Olivié Keck se uitspattige skeppings kom saam vir ’n nuwe uitstalling, Drop Dead Gorgeous.

Keck se werk lewer graag kommentaar oor jongmense se emosies en intieme lewe, asook die moderne mens se obsessies. Drop Dead Gorgeous is tong-in-die-kies oor spesifiek ons verknogtheid aan  “misdade van passie”, wat ’n vorm van vermaak geraak het.

Speelse parodie wat gewortel is in ’n meer ernstige ondervraging van ons kulturele obsessies … nes ons daarvan hou.

Drop Dead Gorgeous is by die Everard Read Gallery in Rosebank tot 4 Mei 2019.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar