“Creazione di Adamo” (die skepping van Adam) is een van Michaelangelo se bekendste fresko’s. Daar bestaan verskeie kopieë en parodieë van die werk.

Harmonia Rosales se “The Creation of God”, die jongste werk gebaseer op Adam se eerste lewensteug, het sommige mense warm onder die kraag.

Die hoofkarakters in Rosales se werk is twee swart vroue. Gegewe die geskiedenis van verwante werke, is die oproer oor Rosales se werk vreemd. Of is dit?

Dit blyk die beswaardes nog nooit hul voet in ’n kunsgalery of museum gesit het nie en dit gewoon net ’n obsessie oor ras is.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar