Hermanus FynArts vier die tiende bestaansjaar vanaf 10 – 19 Junie 2022.

Ter viering van FynArts10 sal die uitstalling van feeskunstenaars al sewe vorige feeskunstenaars insluit: Diane Victor en Gordon Froud (2015), Louis Jansen van Vuuren (2016), Willie Bester (2017), Kate Gottgens (2018), Philemon Hlungwani (2019) en Beezy Bailey (2020/2021).

Sculpture on the Cliffs is in 2014 bekendgestel toe sewe genooide kunstenaars agt beelde by Gearings Point geïnstalleer het. Vanjaar sal ’n uitgebreide beeldhou-installasie geïnstalleer word deur vyftien kunstenaars wat almal voorheen aan Sculpture on the Cliffs deelgeneem het. Kleiner beeldhouwerke sal deel vorm van die Art in the Auditorium-uitstalling.

Hermanus FynArts

(Sien ’n vorige uitstalling van Sculpture on the Cliffs 2015/2016)

Lewer kommentaar

Leave a Reply