Interlude, deur die fotograwe Francois Visser en Tom D Jones, is ’n kleurvolle tapisserie van mense en plekke regoor Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe en Tanzanië.

Dit sluit in portrette van akrobate, mynwerkers, tieners en landskappe. Sommige van die foto’s kom uit toevallige ontmoetings, terwyl ander gestileer is. Die foto’s is ’n verkenning oor kulturele grense.

Interlude bestaan uit visueel boeiende beelde wat beide ’n memoir en huldeblyk aan die onderwerpe is, een wat die alledaagse in die buitengewone verander.

Interlude is by die THK Galery in Kaapstad tot 26 Oktober 2018.

deur Francois Visser
deur Francois Visser

Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply