Mens, natuur en dier beklemtoon die noue band tussen Moeder Natuur en haar bewoners.

Die kunslied bied die ideale medium om hierdie intieme verhouding te beklemtoon. Drie sangsiklusse vir bariton en klavier word aangebied: In Histoires Naturelles kristalliseer Ravel vyf diere se persoonlikhede deur ’n aantreklike samestelling van musiek en teks. Niel van der Watt se Boesman-mite-siklus bied begrip oor die wonder van die eerste bewoners van Afrika, en O Togga! ’n Gogga – lawwe versies vir stout kinders deur Albie Louw versinnebeeld die ligter sy van die lewe.

* Debuut *

Met: Christian Bester (bariton) en Andri Grobler (pianis)

Mens, natuur en dier
Genre: Musiek
Taal: Afrikaans, Frans
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 50 minute
Kaartjies: R110
Plek: kykNET Konservatorium, Potchefstroom
Datum: 6 Okt 10:00

Aardklop 2018


Mens, natuur en dier


Mens, natuur en dier


2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply