Modigliani nog meer eksklusief

Amedeo Modigliani se “Nu Couché“ (1917-18) het gister die tweede duurste skildery geword op ’n veiling. Dié naakstudie is nou ook een van 10 skilderye in die wêreld wat vir meer as $100 miljoen verkoop is.

“Nu Couché“ is gister by Christie’s in New York opgeveil vir $170,4 miljoen (R2 432 153 280.00). Ses mense het net nege minute lank gebie vir die skildery wat uiteindelik deur ’n Chinese koper opgeraap is. ’n Modigliani naakstudie word deesdae gesien as ’n moet vir enige ernstige versamelaar.

By dieselfde veiling is “Nurse” (1964) van Roy Lichtenstein verkoop vir R1 361 663 280.00 en Andy Warhol se “Gun” (1981) vir R169 854 055.00.

Nu Couche
Nu Couche

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar