Matt Woosey in SA

Die hoogaangeskrewe Britse musikant Matt Woosey land binnekort vir ’n kort Suid-Afrikaanse toer – slegs in die Wes-Kaap.

Op 17 November is hy by Die Boer in Durbanville vir ’n blues sessie, onder meer saam met Gerald Clark. 20 November in Melkbosstrand vir ’n huiskonsert, 21 November by Searle’s Trading Post in Greyton, 22 November by The Alma Cafe in Rosebank, Kaapstad saam met Luna Paige, 25 November by 5 Ryneveld in Stellenbosch, 27 November by The Secret Garden in Riebeek-Kasteel, 28 November by Muratie Wynlandgoed in Stellenbosch en 29 November in die Saronsberg-teater in Tulbagh. Kaartjiepryse wissel van R100 tot R120, behalwe die sessies by 5 Ryneveld en Saronsberg wat gratis is.

Wildest Dreams is sy mees onlangse album en sy sewende sedert 2008.

Matt Woosey
Matt Woosey

Lewer kommentaar

Leave a Reply