David Lurie se solo-uitstalling Morning After Dark is tans by die Bensusan Museum & Biblioteek van Fotografie in Museum Africa.
Morning After Dark is ’n reeks van stedelike landskapfoto’s wat in en om Kaapstad geneem is. Al die foto’s is in die vroeë oggendure geneem met ’n minimum van mense wat in die foto’s verskyn.
Lurie se foto’s toon ’n rare interaksie tussen fotograaf en onderwerp; die persoon wat die foto aanskou blyk onder die soeklig te wees. Sy stedelike landskappe is baie persoonlik en hy het ’’n obsessie met detail. Dit is dan ook in daardie detail waarin die bekoring en vreemdheid van sy werk lê. Hy skroom nie om sy onderwerp so eerlik moontlik uit te beeld nie, maar hy werk met empatie.
Die foto’s vorm deel van ’n boek wat volgende jaar verskyn, The Right to the City.
Morning After Dark is by Museum Africa tot 13 Julie 2015.

