Brettl Lied

Die Klein Libertas Teater Koor verander hul naam as’t ware na die Klein Libertas Teater Kabaret Koor met hul Junie-maand produksie, Brettl Lied. ‘n “Brettl” is ‘n verhoog,‘n kabaret-verhoog, selfs spesifiek, ‘n Weimar Kabarett-verhoog in veral Berlyn, in die jare tussen 1920 en 1933.

Na hul suksesvolle Woordfees optredes met ‘n homage aan Hennie Aucamp, ontwikkel die koor hul eie Kabarett, steeds met Aucamp-liedjies en invloede, wat ook diep geïnspireer is deur die Brettl. Met ‘n samestelling van poësie, musiek, kommentaar en dekadensie gaan die koor die gehoor terugneem in tyd en plek. Weill en Brecht, Friedrich Hollaender, Lotte Lenya, Margo Lion, Dietrich en Noël Coward se songs word verweef met Aucamp kabaret liedere op ‘n baie eiesoortige Brettl: koorkabaret – en dít is ‘n nuutjie.

Klein Libertas-teater
Stellenbosch
24 – 26 Junie
20h00
Kaartjies (ook beskikbaar by die deur): R80 (volwassenes); R50 (pensionarisse, studente, kinders)
Besprekings: 082 648 9621 of rikapianis@gmail.com of 021 883 8164

Life is a cabaret old chum, come to the cabaret!

Lewer kommentaar

Leave a Reply