Dié musiekfees by Wacky Wine

ClemenGold en Zandvliet Wynplaas het saamgespan om seker te maak dat Robertson wyndistrik se Wacky Wine fees omskep word in ‘n vreugdebelaaide drie dag geleentheid.


Die fees merk die bekendstelling van die eerste jaarlikse ClemenGold en Zandvliet Musiekfees en sluit ander wonderlike vermaaklikhede, soos onder andere Kyknet se Tjiff en Tjaff, Rise and Shine joga deur die Anahat span van Stellenbosch en spyseniering deur die gewilde Antoinette Events.

Die musiekfees is ‘n langverwagte droom van die ClemenGold span. ClemenGold het uitgebreide verhoudinge met en ondersteun sleutel kunstenaars soos Luna Paige, Albert Frost, Simon Orange, Chris Chameleon en Lizz Meiring. Die ClemenGold en Zandvliet Musiekfees skop offisieel af met ‘n openingskonsert op Vrydagaand 5 Junie 2015 om 18h00.

Khan Morbee (hoofsanger vir Parletones vir die afgelope 12 jaar) en sangeres / liedjieskrywer Luna Paige lei ons in die nuwe era vir Zandvliet in. Verwag twee sielvolle vertonings.

Rise and Shine word Saterdagoggend 6 Junie om 08h30 aangebied deur die Anahat Wellness & Yoga Sentrum. Kom strek en joga saam op die plaas!

Die kleinspan is ook mos al van vroegoggend af bedrywig. Dit is om die rede dat hulle Spektrum Kinderteater (wat sedert 1991 vir oud en jonk vermaak) uitgenooi het om twee magiese feeverhale aan te bied oor die naweek. Saterdagoggend word die bekende Rooikappie opgevoer. Dit word opgevolg met ‘n kuier en groetsessie met die populêre Kyknet TV karakters, Tjiff & Tjaff! Bring jou kinders om ‘n kiekie saam met die beroemdes te kom neem.

Wacky Wine Music FestivalSaterdag se musiekprogram begin om 13h00 en hardloop tot ongeveer 21h00/22h00 die aand. Die program sluit van Suid-Afrika se beste liedjieskrywers, sangers en musikante in. Die skreeusnaakse en talentvolle Peter Mitchell (aka Pietman, die Skot) tree as MC op en sal die gehoor deur ‘n dag van non-stop oorspronklike musiek lei. Hy self sal ook optree. Liedjieskrywers en sangers wat die verhoog met Peter Mitchell deel is Simon Orange, Luna Paige, Nick Turner, Gerald Clark, Chris Chameleon en Albert Frost. The ondersteuningsorkes bestaan uit die formidabele baskitaarspeler, Schalk Joubert en top klas tromspeler, Kevin Gibson. Teen die einde van die program sal al die musikante saamspan vir ‘n jam sessie van epiese proporsies! Moet dit nie misloop nie.

Maar! Daar is nog! Waar ander plase begin afskaal op die Sondag stoom Zandvliet voort met ‘n pret-belaaide program!

Begin die dag weer saam met die Rise and Shine span van Anahat. Kom joga en strek heerlik saam. As jou kinders Rooikappie gemis het op die Saterdag kan hulle kom aansluit vir die vroegoggend teatersessie (9vm), Jan en die Boontjierank.

Die dag se verrigtinge sluit af met ‘n wonderlike verrassing die teatrale produksie, Peels of Laughter and Barrels of Fun. Die unieke samekoms van talent, word aangebied deur die welbekende Lizz Meiring (Bizzie Lizzie) en sluit Heine du Toit (ClemenGold se voedseltegnoloog) en Jacques Cilliers (wynmaker van Zandvliet) in. Hulle stel die gehoor bekend aan spesiaal uitgesoekte ClemenGold produkte en paar dit met premium Zandvliet wyne. Chris Chameleon en Luna Paige sorg vir musikale vermaak en plesier.

www.clemengold.com/wacky

Wacky Wine Weekend
Robertson
4 – 7 Junie

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar