Moses Tladi Unearthed

Moses Tladi was destyds een van Suid-Afrika se eerste swart kunstenaars wie se werk uitgestal is; meesal in galerye waar hyself nie toegelaat is nie.

Tladi het homself leer skilder. Sy landskapskilderye is kleurvol en rustig, terwyl dit terselfdertyd vol emosie en rof is.

In 1932 se Nasionale Kunstefees in Grahamstad het Tladi beide eerste en tweede plek gewen in die afdeling vir landskap- en seeskilderye.

Hierdie is ’n besondere geleentheid en ’n eerste keer dat ’n uitgebreide uitstalling van sy werk gehou word. Daar is 30 skilderye te sien.

Kurator: Andrea Lewis

Grahamstown Galery, Albany History Museum
30 Junie – 10 Julie 2016
Daagliks van 09h00 tot 17h00

Highveld Summer Rainstorm - Moses Tladi
Highveld Summer Rainstorm – Moses Tladi

Lewer kommentaar

Leave a Reply