Hierdie uitstalling bied ‘n toonvenster op Myra Bloomberg se veelsydige talent in ‘n reeks moeder-en-kind beelde, Bybelse temas, Afrika invloede, abstrakte werke, hansworse en Kaapstadse strate.
Sy werk in sement, glasvesel, brons en hout.
Myra is ook ‘n ballerina en sal ‘n gedeelte van haar opbrengste aan Kaapstad Stadballet skenk.
In die Kunstekaap tot 2 Januarie.
