Marion en Prins Edward Eilande is klein spikkels in die uitgestrekte Suidelike Oseaan; van die mees afgeleë en unieke omgewings op die planeet.
Op hierdie twee buiteposte, sowat 1 400 km suid van Kaap Agulhas en byna halfpad na Antarktika, neem die natuur sy loop, grotendeels sonder die invloed en druk van die mens.
Min mense het al die voorreg gehad om besoek te bring aan Suid-Afrika se mees
suidelike gebiede, maar navorsers wat op die eilande werk word gewoonlik geïnspireer om terug te keer.
In hierdie boek kry die verhaal van hierdie rou en elementale eilande lewe deur die oë van vier sulke navorsers – almal van hulle passievolle bewaarders en wêreldleiers in hul onderskeie velde. Marion &
Prince Edward – Africa’s Southern Islands is die kruin van die vier se kundigheid en navorsing, en sal beslis een van die voorste bronne word oor hierdie pragtige eilande en hul buitengewone biodiversiteit.
Hierdie merkwaardige boek, visueel ondersteun deur fassinerende historiese materiaal en opwindend foto’s, bied ‘n uitstekende oorsig van die eilande vurige oorsprong, hul menslike geskiedenis, diversiteit van diere en
plante, insluitend die skouspelagtige albatrosse, pikkewyne en robbe, en die toekoms van hierdie juwele as deel van Suid-Afrika se bewaringstaak.

Skrywers: Aleks Terauds, John Cooper, Steven L Chown & Peter Ryan
ISBN: 978-1-920338-42-8
Prys: ongeveer R 350.00
Beskikbaar by www.sun-e-shop.co.za en uitgesoekte boekwinkels
