Dit was vroeg in sy lewe reeds duidelik wat hierdie man met sy lewe wil doen. Kevin se debuut album (vrygestel in 1995) getiteld Kevin Leo ”C est la vie” is ‘n uitmuntende Afrikaanse album met treffers soos “Ek sal jou nooit vergeet “, “Liewe broer” en die immer gewilde “Se C ‘est la vie” , wat Kevin ‘n bekende naam in Suid Afrikaanse huise gemaak het.
Sy liefde vir musiek het hom gedryf om die immer gewilde ensemble – groep “Drie van die Bestes” (homself, Danie Niehaus en Mathys Roets) in 1997 tot stigting te bring. Hierdie ongelooflike ensemble het van krag tot krag gevorder met drie topverkoper albums, getiteld Drie van die Bestes Millenium, Drie van die Bestes Platinum, Drie van die Bestes “The Good, Bad and Ugly” en nou hulle splinternuwe DVD Live in Paarl.
Kevin se wonderlike sangtalent is al gehoor op verhoeë in Engeland en Italië. Voice, sy jongste album, is saamgestel uit al Kevin se gunsteling ligte opera en Nepolitaanse nommers, wat by al sy vertonings die mense op hulle voete het. Die CD bevat nommers soos “Always on my mind”, “Caruso”en “O’Sole Mio”.
In Junie 2006 neem Kevin aan Italie se Internasionale Opera kompetisie Valsesia Musica
naby Milan deel , en verower die vierde plek. Die President van die kompetisie het Kevin tydens die Wenners Konsert , as “Pavarotti e Pocco” of Klein Pavarotti voorgestel. Kevin is ook by hierdie geleentheid deur die Direkteur van die Opera Konserwatorium in Milan , genooi om daar te kom studeer. Kevin het formele sangonderrig by die uiters bekwame Ina Snyman ontvang en kry tans meestersonderrig by die wereld bekende stemmeester, Dr.Emma Renzi.
Die verwerkings van sy nuwe CD, meestal deur Mauritz Lotz, getuig eweneens van goeie smaak. Die titel Voice is geensins verwaand nie. Diè van Russell Watson, The Voice, wel; om nie eers Lesley Garrett se The Singer te noem nie. Laasgenoemde twee se Cd’s kuier feitlik ononderbroke op die trefferparades. Selfs die BBC raak in ekstase oor diè en diesulkes se groot kuns. Nee wat, ons plaaslike seun, Kevin Leo, se produk is van ‘n beter gehalte as sy oorsese konkurrent, waaroor al die histerie gaan. Dit is ‘n aanduiding van die oorrompelende effek wat deur bemarking bewerkstellig word.”
Kevin is voorwaar volksbesit en word met rede as Suid-Afrika se eie Pavarotti en Lanza beskryf.

Kevin is eerskomende Sondag, 19 Desember by Die Boer in Durbanville.