Fuse

Op 16 en 17 Desember bid die Oude Libertas Amfiteater die dansproduksie FUSE aan. Hierdie produksie is gebasseer op ‘n kruis kulturele samewerking tussen twee dans geselskappe- Kaapstad se IKAPA DANS en STEPS REPERTORY ENSEMBLE uit New York.

Die aand bestaan uit werke wat gechoreografeer is deur wêreld bekende choreograwe- Cherice Barton (Spider Man, The Musical – Broadway), Donald Byrd (The Color Purple – Broadway, Artistic Director, Spectrum Dance Theater), Andrea Miller (Artistic Director, Gallim Dance), Eibidell Medell (South Africa), Theo Ndindwa & Tanya Arshamian (Artistic Directors, iKapa Dance Theatre) – ondersoek die onderwerp van vrede en versoening in die private en publieke omgewing deur middel van ‘n boodskap van liefde, oorlog en versoening.

Hierdie projek is ‘n jaar projek wat deur GAIN (GLOBAL ARTS INITIATIVE) geiinisieer is. Deur middel van hierdie projek kon Ensemble lede deelneem as onderwysers tydens die uitreik aksie in informele nedersettings en vir die dansers van die twee geselskappe om saam te werk aan dansstukke wat deut Theo Ndindwa gechoreografeer is.

Hierdie projek is moontlik gemaak deur die The Harkness Foundation for Dance, American Harlequin, Steps on Broadway, G&L Picard Family Foundation, Cable Audit Associates, en verskeie individue.

Lewer kommentaar

Leave a Reply