JH Pierneef se “Farm Jonkershoek with Twin Peaks Beyond” Is verlede week deur Strauss en Co vir R20 462 400 opgeveil in Johannesburg. Dit was die eerste openbare verskyning van die skildery.

Pierneef se linosnee-werke “Hardekoolboom, Transvaal” het R193 256 en “Bome” R120 000 behaal op dieselfde veiling. Sy ander skilderye op die veiling, “Northern Drakensburg” en “Storm over the Lowveld” het R3 410 400 en R1 250 480 behaal.

Ook op die veiling was Alexis Preller se “Still Life with Thangka and Pomegranates” met R7 502 880 en Irma Stern se “Malay Woman” vir R5 456 640. Dan was daar ook William Kentridge se “Dancing Couple” R4 902 480 en “Untitled Drawing Towards Responsible Hedonism” R3 978 800.

Farm Jonkershoek with Twin Peaks Beyond
Farm Jonkershoek with Twin Peaks Beyond

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply