’n Prins van die abstrakte oorlede

Ellsworth Kelly, skilder, beeldhouer en drukkunstenaar, is 27 Desember 2015 oorlede in die ouderdom van 92 jaar. Sy werk oor sewe dekades het gesorg dat mens hom onthou as een van die voorste abstrakte kunstenaars ooit.

Kelly word veral onthou vir sy gekleurde geometriese skilderye. Sy duurste werk tot nou is Spectrum VI (1969). Dit is in 2007 op ’n veiling verkoop in New York vir amper R 800 miljoen.

Hy het verskeie toekennings in sy leeftyd ontvang, onder andere die National Medal of Arts van die Amerikaanse president Barack Obama.

Spectrum VI (1969), Ellsworth Kelly
Spectrum VI (1969), Ellsworth Kelly

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar