Not My War

Not My War is ‘n kunsuitstalling in Kaapstad aangebied deur die Michaelis Galleries en die Gordon Institute for Creative and Performing Arts (GIPCA).

Die uitstalling fokus op die grensoorloë in Namibië en Angola gedurende die 1960’s tot 1980’s.
Tot en met 1994 is alle blanke Suid-Afrikaanse mans verplig om nasionale diensplig te verrig sodra hulle 18 jaar oud geword het. Talle moes in die grensoorloë gaan veg.

Die uitstalling kyk veral na die Slag van Cuito Cuanavale as keerpunt in die grensoorloë en die invloed daarvan op kunstenaars.

Die uitstalling is byeengebring deur David Brits en sluit in werke van Wayne Barker, Christo Doherty, Paul Emmanuel, John Liebenberg, Jo Ractliffe, Colin Richards, Chad Rossouw, Penny Siopis, Christopher Swift en Gavin Younge.

Die Michaelis Galleries is by die Michaelis School of Fine Art in Oranjestraat, Tuine, Kaapstad. Die uitstalling duur tot 25 Julie.

Penny Siopis se Comrade Mother (1994) [foto deur Jean Brundit]
Penny Siopis se Comrade Mother (1994) [foto deur Jean Brundit]

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar