Nou vir ET se skildery

Eers was daar Brett Murray se The Spear, maar min mense weet van Vusi Beauchamp se skildery met Eugene Terre’Blanche.

Beauchamp se kunswerk beeld Eugene Terre’Blanche uit met sy moordenaar, Chris Mahlangu, wat op sy skoot sit. Die vermoorde AWB-leier is besig om die Bybel te lees. Die Bybel word glo gebruik, omdat soveel regses dit as begronding vir rassisme gebruik.

Die kunswerk is glo geïnspireer deur die moordverhoor. Volgens Beauchamp spreek die skildery ook die moontlikheid aan dat die aantygings van sodomie waar mag wees.

Die kunswerk is reeds in Februarie geskep vir The State of Chakra-uitstalling en is verkoop aan die bekende komediant John Vlismas.

(foto: The Sowetan)
(foto: The Sowetan)

(foto: The Sowetan)

Lewer kommentaar

Leave a Reply