Die pragtige uitstalling, On Beauty (na aanleiding van Umberto Eco) met werke deur Jaco Benade, Jennifer de Charmoy en Marieke Prinsloo het op Saterdag 22 Junie in die Breytenbach-galery op die eerste vloer van die Breytenbach-sentrum in Burgerstraat 14 in Wellington geopen.

Die uitstalling is ’n fees vir die oog en duur tot 25 Julie. Die galery is van Maandag tot Vrydag van 09:00 oop en op ’n Saterdag van 09:00 tot 13:00.

Kontak vir Anne-Ghrett by galery@breytenbachsentrum.co.za of 021 864 2988 vir besonderhede.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar