Pablo Picasso se Femme assise, wat ‘n skildery is van sy hoog swanger minnares Francoise Gilot, is verlede week vir £8 553 250 (R110 miljoen) verkoop deur die afslaer Christie’s.
Picasso, toe 61 het Gilot (21) ontmoet in 1943. Hulle het nooit getrou nie en het twee kinders saam gehad.
