Rekordbedrag vir The Scream

Een van die bekendste skilderye in die kunswêreld, Edvard Munch se “The Scream,” het pas die hoogste prys ooit vir ‘n kunswerk op ‘n veiling behaal.

Die skildery van 1895, ‘n wêreldbekende simbool, is Woensdag by Sotheby’s in New York vir $119,9 miljoen (sowat R930 miljoen) verkoop. Die prys sluit kommissie in.

Dié beeld van ‘n man wat sy kop vashou en skree onder ‘n rooi hemelruim is een van vier weergawes wat deur die Noorweegse kunstenaar geskilder is.

‘The Scream’ vir rekordbedrag verkoop

Lewer kommentaar

Leave a Reply