Spanner in the Works is ‘n gesamentlike uitstalling deur Yiull Damaso, John Vlismas en The P.A.C. Revolution.
Na vele doodsdreigemente lewer Damaso steeds sosiale kommentaar deur sy kuns. Die veelbesproke “The Night Watch” is deel van die uitstalling.
The P.A.C. Revolution is self iemand wat sy mes in het vir politici. Hy beeld hulle graag uit as narre en marionette, soos in sy “African National Circus”.
Wat die bekkige John Vlismas se bydrae gaan wees sal ons maar self moet sien.
Die fokus van die uitstalling by die Yiull Damaso Artists’ Studio is glo sosiale en politieke verandering. Dit begin 18 Oktober en hou aan to 9 November. Kan net interessant wees.
Die Yiull Damaso Artists’ Studio is by Buckinghamlaan 56, Craighall Park, Jozi. Die galery is oop van 14h00 tot 19h00.