Irma Stern se “Dahlias” (1947) is die hoogtepunt van Strauss & Co se lente veiling in Kaapstad op 15 Oktober 2018. Na verwagting sal die werk tussen R8 miljoen en R12 miljoen haal.
“Dahlias” is een van 22 skilderye uit die bekende Labia familie se versameling wat te koop aangebied word op hierdie veiling. Daar is ook 20 werke uit Peter en Regina Strack se versameling.
Die Labia werke sluit in Pieter Wenning se “The Yellow House: Bishopscourt in die winter” (1918).
Daar is ook twee tekeninge deur Stern op die veiling uit die versameling van die Irma Stern Trust, “Castle, Madeira” (1963) en “Woman with Orange Headscarf” (1949).
Uit dieselfde versameling is daar ook vier skilderye van Kenneth Bakker. Dit sluit in “Tidal Pool” en “Relief Painting with Construction No. 2”
Die veiling vind plaas by The Vineyard Hotel, Nuweland Kaapstad.

