Al is die persepsie dat slegs matrose, misdadigers en prostitute tatoeëermerke dra, is Lewis “Vudulew” Williams, ’n tatoeër-kunstenaar van Rumble and Hum tattoo in Roodepoort dat dit baie keer dieper as net merk op jou vel is.

“Elke Tatoe is anders en uniek en beeld elke faset van die lewe uit. Deesdae word tatoes gebruik vir herinnering, soos ’n huisvrou wat ’n tatoe kry nadat sy ’n kind verloor het. Die prokureur wat vier dat hy ’n landdros word of die lesbiër wat uiteindelik uit die kas kon kom. Elke deel van die lewe kan vasgevang word in ’n tatoeëermerk,” sê hy.

Williams en sy span kunstenaars is sedert die middel November te sien op die werklikheidsprogram, Rumble and Hum, ’n werklikheidsreeks van sy tatoeëerwinkel in Roodepoort met die selfde naam.

Lewer kommentaar

Leave a Reply