In die konteks van ons beheptheid met ’n pandemie en moontlik op die kruin van ons mees narcistiese tydvak, probeer Beezy Bailey sorg vir rus vir die siel met sy solo-uitstalling getiteld The Love Revolution.

Bailey het nog altyd die kuns voorgehou as ’n balsem vir moeë, hartseer siele. Dit neem ’n spesiale soort kreatiwiteit om die beste in ons na vore te bring, naamlik die liefde. Met die mensdom oor die algemeen uitgeput, gewond en versigtig, het sommige van ons Bailey se medisyne beslis nodig.

Deur die belaglike, die onmoontlike en die buitengewone voor te stel, nooi Bailey ons uit om ons opvattinge oor wonderlike moontlikhede te heroorweeg, die grense van ons moeë verbeelding te strek en weg te beweeg van die vrees en haat, terwyl hy ons vermaan om te leef en lief te hê en hardop te lag.

The Love Revolution is by die CIRCA-galery van Everard Read in Kaapstad tot 24 Maart 2021.

Friendly Fire (2020) – Beezy Bailey

Lewer kommentaar

Leave a Reply