Jan Visser (12 September 1933 – 7 September 2009) het hom in 1983 in Tulbagh gevestig, in Van der Stelstraat. Weerskante van hom was Rochelle Beresford se pottebakkery en die huis in Kerkstraat wat Jan Vermeiren aangeskaf het. Net buite die dorp was Mark Dixon, net soos Rochelle ‘n voormalige student aan die Ruth Prowse-kunsskool waar Jan in die vroeë tagtigs teken en skilder doseer het.
Die uittog na Tulbagh was om ‘n kunstenaarskolonie te vestig in die mooi dorp waar Christo Coetzee reeds ‘n legende was. Dié plan het uiteindelik elders gestalte gekry: in 1986 het Jan Paarl toe getrek om saam met Hardy Botha en Jan Vermeiren die Dal Josafat Kunsstigting te vestig.
Nog later het hy terugverlang na die see en via Yzerfontein en Aurora sy pad gevind na Paternoster waar hy tot sy dood in September 2009 gewoon het.
Rijks, Tulbagh
12 – 14 September 2014
Tulbagh Spring Arts Festival 2014