Die staatsamptenaar se tyd

Die staatsamptenaar was baie ingenome toe daar ’n aanvallige jong dame in sy ry aan die beurt kom.


Help het hy haar nie, want die tweetjies het hul bes gedoen om mekaar te beïndruk. Vir die oom agter haar in die ry was dit ook duidelik dat die twee nie sou omgee om mekaar beter te leer ken nie. Die oom besluit toe om die storie aan te help, ook sodat hy darem nog dieselfde dag gehelp kan word.
“Hoekom neem jy nie die meisie vanaand fliek toe nie?” val die oom hulle in die rede.
“Wat?” antwoord die amptenaar verontwaardig. “Op my eie tyd?”

Lewer kommentaar

Leave a Reply