#VSKunstefees Die man in die groen kombers

Hierdie is ’n nuwe Lewende Kunsprojek deur Lesiba Mabitsela wat uit die PIKO OPENLab2014-inisiatief spruit.

Mgcineni ‘Mambush’ Noki is ’n naam wat min Suid-Afrikaners ken. Hy is in die Oos-Kaap gebore, ’n leier, die enigste broodwinner vir sy sibbe nadat hy sy ouers verloor het. Hy het op ’n jong ouderdom as booroperateur begin werk. Hy was anoniem. ’n Statistiek. Op ’n manier nietig én belangrik in die groter prentjie van die land se geskiedenis. Die vertoning wil Noki as persoon, ’n man, gedenk. Dit is ’n poging om die kollektiewe onkunde uit te wis van ’n volk wat net van hom weet as simbool met verwysing na die Marikana-slagting. Vyf individue in klere gemaak van groen komberse loop van verskillende plekke buite die stad na die middestad. Die gewenste effek sal wees van ’n stad vasgevang in die kollektiewe erkenning van ’n visioen, ’n newelbeeld.

Genre: Openbare kuns
Tydsduur: Geen
Kaartjies: Gratis
Plek: Hoffmanplain & Rooiplein, Bloemfontein
Datum: 15 Julie

Vrystaat Kunstefees 2015

Die man in die groen kombers,
Roekeloos,
15 Julie 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply