Ceropegia woodii
Dit is familie van tropiese klimplante, maar die halssnoerranker kruip op die grond langs met stingels wat tot 1 meter lank word. Dit is inheems aan KwaZulu-Natal, Gauteng en Limpopo.
Dié plant het hartvormige donkergroen blare wat wit gemarmer is. Die oulike pienk blommetjies verskyn in die somer. Dit aard die beste binnenshuis en in die somer moet die grond klam gehou word.
(foto Alejandro Linconao)
Lewer kommentaar