Suru (Fins vir “hartseer”) beskryf ongetwyfeld hoe alle musikante gevoel het aan die begin van die landwye kwarantyn. Die Capital Chamber Orchestra onder leiding van Schalk van der Merwe is gereed om hierdie nuwe bul by die horings te pak.

Na byna drie maande van isolasie het die musikante bymekaargekom, die orkes volgens die regeringsregulasies opgerig en is hulle gereed vir die nuwe wêreld van klassieke musiekkonserte – die virtuele konsert. Die kamerawerk is visueel stimulerend en help die kyker om die orkes te ervaar soos nog nooit tevore nie.

Die program bestaan uit Suid-Afrikaanse werke, iets meer bekend deur die immer betroubare Handel, sowel as die eerste opname wat buite Finland gemaak is van Madetoja se “Elegy Op. 4 No.1” sedert die komponering daarvan in 1909.

Bespreek jou kaartjies by Quicket.

Lewer kommentaar

Leave a Reply