AmaBhulu? is Wellington se eie folk band en gooi ‘n allegaartjie van Folk, Kwela, Blues, Reggae, Country, Gypsy en melankoliese ballades saam – natuurlik so ver as moontlik vermeng met ‘n lekkie boeremusiek in die mix.
Met Heine du Toit (Stemme /Kitaar), Elmi Badenhorst (Pensklavier & Bekfluitjie), Dawid de Villiers (Banjo/Baskitaar), Hendre Retief (Perkussie) en Natalie Mason (Viola).
