André Schwartz sing live: die nuwe Big Band CD treffers, sy Afrikaanse treffers en Musicals!
André Schwartz volg sy hoogs aangeskrewe optrede van die titelrol in Phantom of the Opera met ‘n Swing and Big Band album wat sekerlik sal bydrae tot hierdie gesoute kunstenaar se sukses en sy aanhangersbasis sal verbreed.
“Ek is bitter opgewonde oor hierdie nuwe album,” se Andre oor die opwindende CD. “Dit was ongelooflik lekker om dit op te neem en te bou op als wat ek tot dusver in my loopbaan gedoen het. Veral die musiekblyspele wat nou ‘n integrale deel uitmaak van my lewe. Ek beoog om met hierdie album rerig iets wonderliks vir my gehoor te bied”
“Fly me to the moon”, “Paper Moon”, “I’ve got you under my skin” en “Makin Whoopee” is van die liedjies wat die gehoor kan verwag.
Ou Meulteater, Paarl
Vrydag 11 Mei, 20h00
Kaartjies R110
Bespreek by: 83 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
