JOHANNESBURG – Die Art & Bubbles Affair vind plaas van 5 tot 7 Desember 2025 op die Keyes Art Mile. Dis ’n driedaagse fees waar kuns, mode, musiek en die wêreld se fynste vonkelwyne saamkuier soos langverlore vriende op ’n dakparty in Rosebank.

Met meer as 20 glansryke plaaslike en internasionale produsente — van Suid-Afrika se Cap Classique-kroonjuwele tot dié van Champagne, Prosecco en selfs Cava — kan besoekers verwag om letterlik deur die wêreld se beroemdste borrels te drink. Hiermee saam kom fynproewerskos en musikante, sodat niemand ooit hoef te vra: “Waar’s die vibe?” nie.

Maar dit gaan nie net oor die borrels nie. Die Art & Bubbles Affair bring ook ’n interaktiewe kunservaring wat mense aanmoedig om te speel, te staar, te dink en dalk ’n selfie te neem wat wys hoe diep hulle reflekteer.

Vir dié wat graag dieper duik as net die bodem van ’n glas, is daar ook ’n reeks eksklusiewe meesterklasse en gesprekke. Hier kry gaste ’n kykie agter die skerms na die kuns van vonkelwyn, die gedagtes van baanbreker wynmakers, en die kreatiewe breine wat vandag se kontemporêre kuns- en ontwerp vorm.

Kaartjies is reeds beskikbaar — en volgens kenners gaan hulle vinniger as ’n glas MCC op ’n warm somersdag – https://bit.ly/BookArtBubblesAffair2025.

5 –7 Desember 2025 vanaf 11:30 tot 19:00, Keys Art Mile, Rosebank.

Art & Bubbles Affair
Art & Bubbles Affair

Lewer kommentaar

Leave a Reply