Coffee Snobs se nuwe enkelsnit, ‘Pas Haar Mooi Op’, is een wat na aan die hart lê vir elke mamma, pappa, ouma of oupa van ’n dogtertjie!

Vernette vertel:

“Ek het een dag op die bank gesit en kyk hoe my dogtertjie, Ruah (toe vier jaar oud), op die mat sit en speel. Die gedagte het my skielik getref dat hierdie ou klein lyfie eendag groot gaan word — en dat ek haar op ’n stadium sal moet afstaan aan ’n jong man om haar lief te hê, te versorg en saam met haar die lewenspad te stap.

Coffee Snobs bestaan uit vier lede, en tussen ons het ons vyf dogtertjies! Dis elkeen van ons se gebed dat hulle eendag wonderlike mans sal ontmoet wat hulle mooi sal oppas, sal koester en met deernis en respek sal hanteer.”

Pas haar mooi op - Coffee Snobs
Pas haar mooi op – Coffee Snobs

Lewer kommentaar

Leave a Reply