Ben Schoeman en die Kaapse Filharmoniese Orkes

Die Oude Libertas Amfiteater in Stellenbosch het lanklaas die voorreg gehad om ‘n klavierkonsert aan te bied. Die geleentheid doen hom nou voor, en dit met die briliante Suid-Afrikaanse pianis, Ben Schoeman.

Hy is die eerste Suid Afrikaner wat die UNISA Internasionale Klavierkompetisie (2010) gewen het. Wat ‘n belewenis om albei Liszt se Klavierkonserte, no. 1 in E-mol majeur en no. 2 in A majeur te hoor, uitgevoer deur ‘n pianis wat sy eie stempel afdruk op ’n unieke, betowerende wyse.

Die Kaapse Filharmoniese Orkes staan onderleiding van die Japanse dirigent Yasuo Shinozaki. Die res van die program bestaan uit die Proteus Variasies van die jong Suid-Afrikaanse komponis Hans Huysse, terwyl ’n groot groep talentvolle jong musici van die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes die KFO bystaan in Respighi se opwindende simfoniese toondig Die Dennebome van Rome. Hierdie unieke samewerking is ’n historiese eerste vir die Oude Libertas Amfiteater. Wat ‘n voorreg om soveel onstuitbare talent op die verhoog van die Oude Libertas Amfiteater te verwelkom.

21 Januarie
Prys: R 130 / R140 / R150
Tyd: 20h15
Duur: 140 min
20 min pouse

kykNET maak opnames tydens die vertoning

Dirigent: Yasuo Shinozaki ( Japan)
Solis: Ben Schoeman (klavier)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply