Breathe Sunshine Vol 02

Dit sou nooit ‘n maklike taak wees om ‘n opvolg vir die eerste Breathe Sunshine te maak nie. DJ Paul Van Dyk het die titelsnit ge-remix vir die Dance 4 Life-projek en die album is as die vierde beste kompilasie in Brittanje van 2004 beskryf. Die titelsnit is geskryf en gekomponeer deur eks-Fetish keyboard-speler en Suid-Afrikaanse musiekskrywer Dino Sofos, wat deesdae in Londen woon.

Soos met die eerste album is al die dj’s op die cd van Johannesburg en Kaapstad. Staatmakers soos RSL (met Ladysmith Black Mambazo), Rn’B diva KB, Ghetto Muffin en Egyptian Nursery met hul “God’s Window” is op die album saam met nuwe name soos Weasilboy en Beifus. “Feeling the Sun” van Sara-Jane Boden is reeds genoem as moontlik die eerste treffer van Breathe Sunshine Vol 02.

Die formule van die oorspronklike Breathe Sunshine is aangepas om ‘n produk te skep wat beskryf word as die Café del Mar van Afrika.

As bonus ontvang jy ‘n dvd met oorspronklike beeldmateriaal uit Kaapstad en Johannesburg – vir die van julle wie reeds ingerig is vir visuele stimulasie saam met die fluïde klanke van Afrika-sonskyn.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply