Brothers

Laatnag om ’n vuur met die soveelste glas wyn in die hand is ek vertel van The Black Keys.

Ek het hul jongste, Brothers, aangeskaf en in die kar gery daarmee vir ’n week. Glad nie so swaar soos wat ek verwag het nie – of het die wyn my gehoor aangetas daai aand.

Die krapperige kitare en die stokke wat op dromme reën herinner sterk aan ou skool rock, maar die elektroniese garnering verklap hulle era. Die vae lirieke vertel van vrouens wat jou verlaat en die musiek laat jou soms die voetrus ritmies tik.

Goed genoeg vir my daai dae wat ek Jack Daniels op my eie drink, maar mainstream genoeg om in die kombuis te speel as die tafel vol mense sit.

The Black Keys - Live at the Crystal Ballroom
The Black Keys - Live at the Crystal Ballroom

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar