Christmas in Song

’n Genotvolle huiskonsert vir familie en vriende, met van die wêreld se mooiste Kersliedere.

Die program sluit in: Gunot/Bach se “Ave Maria”, Weatherley/Adams se “The Holy City”, ’n verwerking van die tradisionele “While Shepherds Watch their Flocks by Night” en baie ander gunstelinge.

Met: Nicodémus Olivier (tenoor), Zelda Rasmus (klavier), Anne-Ingeborg Kreft (tjello) en Nicodémus Patrice Fabrizio Thabo Olivier (sopraan)

Sitplekke is beperk en besprekings is noodsaaklik.

Kaartjies kos slegs R30 en sluit ’n drankie en peuselhappies in.

Besprekings by 072 773 5855 of 078 350 6762.

3 – 6 Desember 2014, 19h30 vir 20h00,
7 Desember, 16h00
Gordonsbaai

Lewer kommentaar

Leave a Reply