De profundis clamavi

’n Program met hemelse en aardse musiek uit die 17de eeu, uitgevoer op oorspronklike barokinstrumente deur die befaamde Nederlandse barokviolis Antoinette Lohmann, die Kaapse bas Charles Ainslie en lede van die Suid-Afrikaanse Barokensemble.

Die gebrokenheid van die menslike wese word op onoortreflike wyse versinnebeeld met gewyde en wêreldse werke van Buxtehude, Bruhns, Biber, Rosenmüller en ander meesters van die vroeg-barok.

Die ware emosionele uitdrukkingskrag van die musiek word ontbloot met inagneming van die historiese uitvoeringspraktyk.

Aardklop 2103

Genre: Klassieke musiek
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Plek: kykNET Konservatorium, Potchefstroom
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R80
25 Sept. – 14:30

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar