Díe talentvolle trio bring ’n splinternuwe program na Klein Karoo Klassique.
Die nuutheid van oudheid – The New Old is ’n program saamgestel vir die trio-kombinasie van klavier, klarinet en viool.
Hierdie trio-kombinasie het veral gewild geraak in die twintigste eeu en Igor Stravinsky se L’Histoire du Soldat is een van die gewilde werke in die trio-kanon. Behalwe vir dié bekende werk van Stravinsky sal twee nuwe Suid-Afrikaanse werke ook in die program première by Klein Karoo Klassique. Arthur Feder se Rhapsody is gekomponeer as opdragwerk deur SAMRO en Clare Loveday se Clarinet Trio 1 is moontlik gemaak deur die Africa Open Institute for Research and Innovation.
PROGRAM:
Suite – Darius Milhaud (1892 – 1974)
Rhapsody – Arthur Feder (1986 – )
L’Histoire du Soldat – Igor Stravinsky (1882 – 1971)
Clarinet Trio 1 – Clare Loveday (1967 – )
Met: Mareli Stolp (klavier), Waldo Alexander (viool) en Morné van Heerden (klarinet)
Die nuutheid van Oudheid
Genre: Klassieke musiek
Taal: Veeltalig
Ouderdomsbeperking: –
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R130
Plek: NG Moederkerk, Oudtshoorn
Datum: Vrydag | 10 Aug | 14h30
Die nuutheid van Oudheid

Die nuutheid van Oudheid
Roekeloos
2.5
