Soirée Musicale is ’n reis deur van die gewildste en mooiste duette en arias uit musiekblyspele, operettes en operas uitgevoer deur die beminde tenoor André Schwartz en sopraan Lynelle Kenned, onder leiding van Melissa van der Spuy.
Schwartz se loopbaan strek al vir dekades oor verskeie genres. Die afgelope paar jaar het hy veral beïndruk met sy vertokings in verskeie musiekblyspele soos Joseph in Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat, Christ in Jesus ChristSuperstar en meer onlangs as Kaptein von Trapp in The Sound of Music. Vir sy vertolking van die Phantom in The Phantom of the Opera het hy ’n aantal toekennings ontvang en word hy gereken as een van die beste Phantoms ter wêreld.
Lynelle Kenned is een van ons land se gesogste nuwelinge. Sy het reeds haar merk gemaak in verskeie rolle onder meer Julie in Kaapstad Opera se internasionale toer van Showboat, Cherubino in Le nozze di Figaro, Saartjie in die bekroonde Afrikaanse opera Poskantoor, Klara in die bekroonde KKNK-musiekblyspel Heidi en ook in twee David Kramer-musiekproduksies Blood Brothers en Orpheus in Africa. Sy het ook verskeie benoemings en toekennings ontvang vir haar vertolking van Maria in West Side Story.
Met André Schwartz (tenoor), Lynelle Kenned (sopraan) en Melissa van der Spuy (klavier)
Soirée Musicale
Genre: Klassieke musiek
Taal: Veeltalig
Ouderdomsbeperking: –
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R130
Plek: NG Moederkerk, Oudtshoorn
Datum: Vrydag | 10 Aug | 18h00
Soirée Musicale
Soirée Musicale
Roekeloos
2.5