Dit is weer einde van die jaar en soos gewoonlik sluit Jak de Priester die jaar af met ‘n Oos-Kaap en Wes-Kaap toer met ‘n show wat jou in die stemming sal bring vir die feestyd wat.

Jak de Priester vier 15 jaar in die bedryf en sal liedjies sing van sy jongste album 15 Jaar, maar ook ‘n paar treffers uit die verlede, dalk ‘n song of twee uit sy Kerkorrel show van 2008 en natuurlik ‘n Kersliedjie, want dit is immers die Feestyd.

Jak de Priester groet ook met hierdie toer sy geliefde keyboard-speler, Altus Muller wat vir die afgelope 6 jaar aan sy regterkant gewerk het. Só as jy ‘n fan van die Jak de Priester / Altus Muller kombinasie was, moet jy nie hierdie konsert mis nie.

Hulle is 1 & 2 Desember 2017 by Die Boer restaurant teater in Durbanville om 20:30.
Kaartjies kos R130 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Jak de Priester

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar