Diegene wat Chris Chameleon slegs deur sy musiek ken sal verbaas wees om te weet dat hy ‘n byna buitensporige liefde vir rugby koester.
In die loop van die afgelope jare het hy homself veral onder die Twitter gemeenskap gevestig as n kranige kritikus, gesoute kantlyn medespeler en skreeusnaakse kommentator. Dit is juis die versoeke van sy aanhangers vir n stukkie van sy snaakse rugby-uitkyk wat aanleiding gegee het tot hierdie produksie.
In Druk ‘n eier sal jy dinge van rugby leer wat jy nooit geweet het bestaan nie en jouself in die proses ‘n papie lag. Jy sal Chris Chameleon en sy musiek ervaar soos jy hom nog nooit ervaar het nie. En jy sal seerseker ook rugby sien soos jy dit nog nooit gesien het nie!
Druk ‘n eier is 19 & 20 Maart by Die Boer in Durbanville.
Kaartjies: R130
Besprekings: 021 979 1911 / 083 406 0111

