Oupa en ouma op toer

Na twee suksesvolle kykNET TV-reekse het Stanley en Debora besluit om die land plat te toer.

Stanley se wag voor sy mond is al sedert 1965 op strike en Debora het skinder ’n amptelike taal gemaak. Hulle stry konstant oor niks, hy vergeet alles wat hy moet onthou en sy onthou alles wat hy hoop sy liefs sal vergeet.

Die baie herkenbare egpaar het al in baie mense se harte ingekruip – gaan kyk gerus wat hulle nou al weer uitspook!

Met Johan Botha en Lida Botha
Teks en regie: Leon Kruger

Woordfees 2013

10 Maart 16:00 | HS Stellenbosch | 70 minute | R100

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar