Die Universiteit Stellenbosch is in 2018 ’n volle 100 jaar oud. Dis ’n besondere, eenmalige gebeurtenis en ’n geleentheid om te vier. Die Eeufeeskonsert op 2 Maart by Coetzenburg beloof om ‘n heerlike makietie te wees, propvol musiek, alumni en heerlike verrassings.

18:00-20:00
Die US Jazz Band onder die knap leiding van Felicia Lesch begelei Gloria Bosman en Tim Moloi met ‘big band’ treffers, van “Mack the Knife” tot Meadowlands. Die Soetstemme van Solms-Delta vermaak met hulle aansteeklike energie, trots Stellenbosch sangduo TWEE sing hulle treffers, en die Dennegeur Marimba-orkes hou die feesgees hoog.

20:00 – 22:00
Die Eeufees-orkes, met alumni-lede van die Universiteit Stellenbosch, o.l.v. maestros Graham Scott en Marvin Kernelle, laat waai met meesterlike komposisies van Leonard Bernstein en Dimitri Sjostakowitsj. Dié orkes begelei legendes Laurika Rauch, Coenie de Villiers en Valiant Swart. Die veelbekroonde Minette du Toit-Pearce sing saam met haar belowende studente, die internasionaal bekroonde US-koor tree saam met alumnus Arno
Carstens op, met vele melodieuse hoogtepunte deur Heavenly Quartez, Brandon October en 30 jong violiste van die Ronnie Samaai Music Education Project.

22:00 – 23:00
J’Something en sy ‘família’ MiCasa sluit die aand op hulle eiesoortige Suid-Afrikaanse manier af.

2 Maart 18:00 – 23:00
5 ure | Coetzenburg | R150 | R200 (Golden Circle) | R100 (US personeel, alumni en studente) | R170 by die hek | R250 (Golden Circle) by die hek

Coenie de Villiers
Coenie de Villiers

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar