Ek wil dankie sê

Rian Ungerer is in Vereeniging op 5 April 1980 gebore. Hy is 22 jaar oud en is ‘n sanger van beroep.

Sy eerste CD is opgeneem in 1997 saam met sy broer. Die CD was getitel Eternal Love, wat hy self geskryf het. Die tweede CD was getitel When I’m without you wat hy ook geskryf het. Die laaste CD wat hulle saam opgeneem het was getitel Smile with me. Hulle het bekend gestaan as U.N.G. Die naam kom van die van af (Ungerer). U.N.G het vir 6 jaar saam gesing en het baie goed gedoen.

Sy liedjies wat hy geskryf het, het baie vir hom beteken. Select Musiek het een van sy liedjies “Ewige Liefde” vir Kurt Darren gegee. Die liedjie het baie vir Kurt gedoen.

Rian Ungerer het solo gegaan en het ‘n kontrak op 10 Mei 2002 by Select Musiek gekry (vier jaar kontrak). Sy solo album is in Oktober 2002 vrygestel. Die album bevat agt oorspronklike liedjies wat Rian self geskryf het. Die album is in meeste goeie CD winkels beskikbaar.

Sy doel is om een van Suid-Afrika se gewildste sangers te word en om aan die mense ‘n produk te verskaf wat almal kan geniet.

Een van sy liedjies is ook op die nuwe Lekker Braai Treffers vol.3, die Jodel Liedjie. Die “Jodel Liedjie” was ook al op verskeie radio stasies no.1 op hul top 20. Sy liedjies is vir alle ouderdomme, oud en jonk geniet sy musiek. Sy optredes is baie goed, en die mense geniet hom baie. Hy is vol bespreek vir November en Desember 2002. November gaan hy by verskilende feeste optree in G.P. en die Vrystaat bv. Die Kersiefees, Gariepdam fees ( saam met 7de Laan se mense). In Desember gaan hy in die Paarl, Gansbaai, Knysna waterfront optree. Hy bly in die Kaap, Kuilsrivier. Sy vertoning is twee ure lank. Rian het baie harte gesteel in die Kaap, en doen baie goed.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar