Steady On

Dis nie moeilik om te verstaan hoekom MoodPhase 5ive so in aanvraag is vir optredes nie. Hul briljante vermenging van soul, funk, jazz, dub, latyn en elektroniese klanke het wragtig ‘n houding.

MoodPhase 5ive se eerste album Steady On is reeds in Desember 2000 uitgereik. Die album neem jou op ‘n reis deur die groep se musikale-talente, asook die slagveld van wat ons menslike ervaring noem.

Die titelsnit van Steady On verdien dalk ‘n permanente plek op heelwat Suid-Afrikaanse dansvloere.

MoodPhase 5ive is ‘n bewys dat wanneer ‘n groep musikante iets met genoeg passie aanpak die resultaat amper altyd die swoeg die moeite werd maak.

7/10

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar