The fat lady sings

Dit het alles begin in die lente van 1994 in ‘n kroeg in Stellenbosch en dit het alles geeïndig in die lente van 2001 in ‘n volgepakte Sheperd’s Bush Empire in Londen.

Die Springbok Nude Girls se skip het vir altyd anker gegooi, maar in hul stroom los hulle vir ons van die beste Suid-Afrikaanse rock ooit.

The Fat Lady Sings is ‘n versameling van SNG-geskiedenis, al hul treffers plus twee nuwe snitte, “Dimmer” en “J-59”.

7/10

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar